From 1ae0306a3cf2ea27f60b2d205789994d260c2cce Mon Sep 17 00:00:00 2001 From: Christian Grothoff Date: Sun, 11 Oct 2020 13:29:45 +0200 Subject: add i18n FSFS --- talermerchantdemos/blog/articles/af/free-sw.html | 359 +++++++++++++++++++++++ 1 file changed, 359 insertions(+) create mode 100644 talermerchantdemos/blog/articles/af/free-sw.html (limited to 'talermerchantdemos/blog/articles/af/free-sw.html') diff --git a/talermerchantdemos/blog/articles/af/free-sw.html b/talermerchantdemos/blog/articles/af/free-sw.html new file mode 100644 index 0000000..38dfc65 --- /dev/null +++ b/talermerchantdemos/blog/articles/af/free-sw.html @@ -0,0 +1,359 @@ + + + + + + + +Die Vrye Sagteware Definisie - GNU Projek - Free Software Foundation + + + + + + + +

Die Vrye Sagteware Definisie

+ +
+

+Ons onderhou die definisie van vrye sagteware om te verseker dat daar +duidelik verstaan kan word wat waar moet wees omtrent 'n besondere +sagtewareprogram alvorens dit as vrye sagteware beskou kan word. +

+
+ +

+“Vrye sagteware” gaan oor vryheid en nie prys nie. Daarom die +woord “vry” en nie gratis nie. Vrye sagteware kan jou geld kos +terwyl sommige sagteware wat jy verniet kry nie noodwendig vry is nie. +

+ +

+Vrye sagteware gaan oor 'n gebruiker se reg om die sagteware/programmatuur +te kan hardloop, kopieër, versprei te bestudeer, te verander en te +verbeter.  Meer presies verwys dit na vier soorte vryhede vir die +gebruikers van die sagteware: +

+ + + +

'n Program is vrye sagteware as gebruikers al hierdie vryhede geniet. Dus +behoort dit jou vry te staan om kopieë te herversprei, hetsy met of +sonder veranderinge, hetsy gratis of deur 'n verspreidingsfooi te vra, vir +enigeen op enige plek.  Om vry te wees om +hierdie dinge te doen beteken (onder andere) dat jy nie vir toestemming hoef +te vra of te betaal nie. +

+ +

+Die vryheid om 'n program te hardloop beteken dat enige soort persoon of +organisasie vry is om dit op enige soort rekenaarstelsel te gebruik vir +enige soort werk of doeleinde, sonder dat daar vereis word om dit an die +ontwikkelaar of enige besondere instansie tekommunikeer. Met hierdie +vryheid is die gebruiker se doelwit belangriker, nie die ontwikkelaar s'n +nie; jy as 'n gebruiker is vry om 'n program te gebruik vir jou doeleindes +en as jy dit aan iemand anders versprei, is daardie persoon dan vry om dit +vir sy eie doeleindes te gebruik en is jy nie geregtig om beperkinge op +daardie persoon telê nie. +

+ +

+Jy behoort ook die vryheid te hê om veranderinge te maak en hulle vir +privaatdoeleindes te gebruik as jy werk of speel sonder om die bestaan van +sodanige veranderinge hoef bekend te maak.  As jy jou veranderinge +publiseer behoort daar nie van jou vereis te word om iemand in besonder +daarvan in kennis te stel nie of op 'n besondere manier daarvan in kennis te +stel nie. +

+ +

+Die vryheid om kopieë te herversprei moet binêre of uitvoerbare +vorms van die program, asook die bronkode insluit vir beidie onveranderde en +veranderde weergawes.  (Die verspreiding van programme in uitvoerbare +vorm is nodig vir gerief van installasie op vrye bedryfstelsels)  Dit +is aanvaarbaar as daar geen manier is om 'n binêre of uitvoerbare vorm +van 'n sekere program te skep nie (aangesien sekere tale hierdie kenmerk nie +ondersteun nie), maar jy behoort die vryheid te hê om sulke vorme te +versprei as jy 'n manier vind of ontwikkel om dit te kan maak. +

+ +

+Ten einde die vryheid om veranderinge te maak en verbeterde weergawes te +implementeer, betekenisvol te maak, moet jy toegang tot die bronkode van die +program hê. Daarom is toegang tot die bronkode 'n voorvereiste vir +vrye sagteware. +

+ +

+Een belangrike manier om 'n program te verander is deur dit saam te smelt +met ander beskikbare vrye subroetines en modules. As die program se +lisensie jou verbied om bestaade modules te benut, soos om te vereis dat jy +die kopiereg hou op enige kode wat jy byvoeg, dan is die lisensie te +beperkend om te kwalifiseer as vrye sagteware. +

+ +

+Vir hierdie vryhede om verwesenlik te word moet hulle onherroeplik wees +solank as wat jy niks verkeerd gedoen het nie; as die ontwikkelaar van die +sagteware die mag het om die lisensie te herroep, sonder dat jy aanleiding +daartoe gegee het, is die sagteware nie vry nie. +

+ +

+Sommige reëls oor die manier waarop vrye sagteware versprei moet word +is aanvaarbaar, as hulle nie met die kernvryhede inmeng nie. Kopielinks, byvoorbeeld is die reël +wat bepaal dat wanneer die program herversprei word, jy nie beperkinge kan +bylas om ander mense die kernvryhede te ontsê nie. Hierdie reël +is nie in stryd met die kernvryhede nie; dit beskerm hulle eerder. +

+ +

+In die GNU-projek, word kopielinks gebruik om hierdie vryhede wettiglikvir +almal te beskerm.  Daar bestaan egter ook nie-kopielinkse +vrye sagteware. Die GNU-projek se mense glo dat daar belangrike redes is waarom dit beter is om +kopielinks te gebruik, maar as jou program nie-kopielinkse vrye +sagteware bevat kan dit steeds aanvaarbaar geag word. Sien Kategorieë van Vrye Sagteware +vir 'n beskrywing van hoe vrye sagteware, kopielinkse sagteware en ander +kategorieë sagteware verband hou met mekaar. +

+ +

+“Vrye sagteware” beteken nie “nie-kommersieël” +nie. 'n Vrye program moet beskikbaar wees vir kommersiële gebruik, +-ontwikkeling en -verspreiding.  Kommersiële ontwikkeling van vrye +sagteware is nie meer ongewoon nie; sulke vryekommersiële sagteware is +baie belangrik. Jy mag dalk geld betaal het om kopieë van vrye +sagteware te bekom, of jy mag kopieë verniet gekry het.  Ongeag +van hoe jy jou kopie in die hande gekry het, het jy altyd die vryheid om +kopieë te maak en die sagteware te verander en dit selfs te verkoop +

+ +

+Reëls oor hoe om 'n veranderde pakket te verpak is aanvaarbaar as hulle nie +jou vryheid beduidend beperk om veranderde weergawes te versprei nie of jou +vryheid om veranderings privaat te maak en te gebruik nie. Reëls wat +van jou vereis om 'n pakket op 'n besondere manier beskikbaar te maak indien +jy dit op 'n andermanier doen is ook aanvaarbaar op dieselfde voorwaardes +(Neem kennis dat so 'n reël jou nog steeds vrystaan om te besluit of jy +jou weergawe wil publiseer aldan nie). Reëls wat die vrystel van die +bronkode vereis aan gebruikers van weergawes wat jy vir openbare gebruik +beskikbaar stel is ook aanvaarbaar. Dit isook aanvaarbaar dat die lisensie +vereis dat, as jy 'n veranderdeweergawe versprei het, jy dit op aanvraag aan +die vorige ontwikkelaarmoet stuur of dat jy jouself op veranderinge +identifiseer. +

+ +

+Soms stel regerings uitvoerbeheermaatreëls en +handelsanksies in wat jou vryheid om sagteware internasionaal te versprei +kan beperk. Sagteware ontwikkelaars het nie die mag om hierdie beperkings +te elimineer of ter syde te stel nie, mar wat hulle kan en moet doen is om +te weier om dit as voorwaardes vir verspreiding van die program te stel. Op +hierdie manier sal die beperkinge nie mense buite die jurisdiksie van +hierdie regerings beïnvloed nie. +

+ +

+Die meeste vrye sagteware lisensies is gebaseer op kopiereg en daar bestaan +beperkinge op watter soorte vereistes deur middel van kopiereg opgelê +kan word. As 'n kopiereggebaseerde lisensie vryheid op bostaande wyse +beskryf respekteer is dit onwaarskynlik dat daar die een of ander probleem +sou opduik wat nie voorsien kon word nie (alhoewel dit van tyd tot tyd wel +gebeur). Sommige vrye sagteware lisensies is egter gebaseer op kontrakte en +kontrakte kan 'n baie weier reeks beperkinge oplê. Dit beteken dat daar +baie moontlike maniere is waarop so 'n lisensie onaanvaarbaar beperkend en +nie-vry kan wees nie. +

+ +

+Dit is onmoontlik om al die maniere te lys waarop dit moontlik kan gebeur. +As 'n kontrakgebaseerde lisensie 'n gebruiker op 'n ongewone wyse beperk wat +nie moontlik is met lisensies wat op kopiereg gegrond is nie en wat nie hier +as aanvaarbaar gelys word nie, sal dit waarskynlik oorweeg moet word en in +alle waarskynlikheid nie aanvaar word as vrye sagteware nie. +

+ +

+Wanneer daar oor vrye sagteware gepraat word is dit beter om begrippe soos +"weggee" of "gratis" te gebruik omadt daardie begrippe impliseer dat dit oor +prys alleen gaan en nie vryheid nie.  Sommige algemene begrippe soos +kopieregskending (piracy) sluit opinies in wat ons hoop u nie ondersteun +nie.  Sien verwarrende woorde +en frases wat vermy moet word vir 'n bespreking oor hierdie +begrippe.  Daar is ook 'n lys van vertalings van vry sagteware in +verskeie tale. +

+ +

+Laastens moet u kennis neem dat kriteria soos die wat deur hierdie sagteware +definisie uitgestip word versigtige oorweging verg vir hulle vertolking. Om +te besluit watter sagteware lisensie as 'n vrye sagteware lisensie +kwalifiseer word dit op hierdie oorwegings beoordeel om te bepaal of dit pas +by die gees en letter van hierdie bepalings. As 'n lisensie onbillike +beperkinge insluit, word dit verwerp, selfs al is die kwessies in hierdie +kriteria nie deur ons voorsien nie. Soms sal 'n lisensie-vereiste 'n +kwessie aanraak wat uitvoerige oorweging verg, insluitende besprekings met +regsgeleerdes, voordat daar besluit kan word of hierdie vereistes +aanvaarbaar is.  Wanneer daar 'n gevolgtrekking gemaak word rondom 'n +nuwe kwessie, word hierdie kriteria dikwels opgedateer om dit makliker vir +andere te maak om te sien waarom sekere lisensies as vryesagteware +kwalifiseer aldan nie. +

+ +

+As u belangstel om te weet of 'n spesifieke lisensie kwalifiseer as 'n vrye +sagteware lisensie, sien ons lys +vanlisensies.  As die lisensie  wat u oorweeg nie hier gelys +is nie, kan u onsdaaroor uitvra deur 'n epos aan ons te stuur by <licensing@gnu.org>. +

+ +

+As u oorweeg om 'n nuwe lisensie te skryf, kontak asseblief die Vrye +sagtewarestigting (FSF) by die bogenoemde adres. Die vervuiling van +sagteware lisensies beteken dat daar van gebruikers meer werk geverg word om +hierdie lisensies te verstaan; ons mag kan help om 'n bestaande sagteware +lisensie te vind wat aan u behoeftes voldoen. +

+ +

+As dit nie moontlik is nie en u regtig 'n nuwe lisensie benodig, kan ons u +help om te verseker dat die lisensie werklik 'n Vrye Sagteware lisensie is +en sodoende verskeie praktiese probleme vermy. +

+ +

Verder as Sagteware

+ +

+Sagtewarehandleidings +moet ook vry wees om dieselfde redes dat sagteware vry moet wees en +omdat die handleidings in wese deel is van die sagteware. +

+ +

+Dieselfde argument maak ook sin vir ander soorte werke van praktiese waarde +- dit wil sê, werke wat nuttige kennis vervat, soos opvoedkundige - en +verwysingswerke. Wikipedia is die bes +bekende voorbeeld daarvan. +

+ +

+Enige soort werk kan vry wees en die definisie van vrye sagteware is +uitgebrei tot 'n definisie van vrye +kulturele werke wat toepaslik is op enige soort werk. +

+ +

Oopbron?

+ +

+'n Ander groep het begin om die begrip oopbron te gebruik om iets +soortgelyks (maar nie identies) aan vrye sagteware te beteken. Die begrip +vrye sagteware word verkies omdat dit vryheid beklemtoon. Die woord oop verwys nooit na +vryheid nie. +

+ +
+ + +
+ + + + + + + + -- cgit v1.2.3